The perks of being a Madiba wallflower

Gister het die Madiba-winde ons weer herinner aan die koelte van vrede en vryheid. 18 Julie word stadig, maar seker ons hoop-dag. Waar ons as landsburgers ons wend na onbaatsugtige diens om diegene in nood vir 67 minute weer te laat hoop. Hoop, as abstrakte naamwoord behoort Suid-Afrika se tweelingsuster te wees. Ons geskiedenis kan maklik op die Hoop weegskaal gemeet word. Waar was ons? Waarheen is ons oppad? Glo dit of nie, hier doen sosiale media sy wonderwerke. Jy kan sien waarmee organisasies hul mee bemoei op hierdie spesiale dag, glanspersoonlikhede aan die anderkant verruil hul Top Billing inspired attires vir iets ietwat meer beskeie maar wat steeds aan Instagram se standaarde voldoen. Besighede vertel bors uit hoe hul verandering probeer teweeg bring in ‘n land steeds gedompel in armoede en wanhoop. Maar Mandela-dag moet ons. Dit is beter as niks. Slegs ‘n uur en sewe minute.

Hierdie vreeslose man, Dalibhunga, soos ons soms luidkeels in opgewonde en dankbaarheid herroep het gister 98 jaar oud geword. Twee jaar weg van ‘n eeu. En steeds sug ons met “Ai, wat as hy hier was”. Hoekom steeds hierdie hunkering na sy teenwoordigheid? Hoekom hierdie verwagting dat hy wonderbaarlik iets sou sê wat ons na groener weivelde sal lei? Hy voel soms soos Reza De Wet se Konstabel wat ons sal bevry uit ‘n kokon van frustasie en ‘n hedendaagse ballingskap. ‘n Mate van “ek weet nie vir wie om vir die opkomende eleksies te stem nie?”. Vasgevang en verwerp tot die genade van Die Burger, Rapport en as jy gelukkig is die SAUK… Kan jy jou regering glo? kan jy met ‘n veerligte hart gaan slaap en weet jou leiers dra jou beste belange op die hart? Hoe idillies klink dit nie dat Rolihlahla ons soos ‘n ‘beblaarde’ tak van ‘n dooie boom sou pluk nie. Dat hy ons sou verlos van die verwarring en verdeeldheid waarvoor hy met beiteljie en boek vir  27 jaar en meer baklei het. Tans is daar geen reënboog, oftewel ons sukkel-sukkel nog steeds voort in die reën. Ons hoop en ons hoop maar soms lê ons mynhoop so swaar en hoog dat ons summier weier om hande daarin te slaan en probeer red wat te redde is.

Nou dink jy seker: wat verwag ‘n 21-Jarige “kleurling” wie steeds voel hy en sy mense is die middel kinders van sy geboorteland se demokrasie. Wie en watter beloftes is aan hom gemaak? Dit is nie belangrik dat jy my begeertes en krete maklik behoort te identifiseer nie. Wat belangrik is is  dat ‘n groot meerderheid van hierdie land se “toekoms” in absoluut verwarring gedompel is. Daar is leemtes en ‘n gapings wat jy dink behoort gevul te wees. Leemtes wat miskien seerplekkies is wat  rouer en erger geword  het dat jy later opeindig met vreesaanjaende rassehaat en verdeeldheid (dit hoef nie soos die ABC in ‘n Graad 1 klas te pronk nie. Jy weet dis iewers. Jy kan dit voel). Ons almal hardloop laat die stof  staan sodat ons nie deur die gif van die kokkende pot van diskriminasie hoef geraak te word nie. Soms vind jy dat mense graag die illusie van samehorigheid probeer skilder. Everybody is an artist they say, maar behoede my!!  21 Jaar in ‘n demokrasie en jy moet steeds iets skilder om jou waarheid en persepsie aan my oor te dra? BE IT DON’T SAY IT!!!

Mens is geneig om hierdie kwessies op platforms soos sosiale media te bespreek. Miskien omdat dit groot genoeg is dat iemand iewers van jou geraas kan sin maak of miskien omdat jy hoop dit deel vorm van die groter geraas. Dalk resoneer dit net met wat alreeds gesê was. Só kots-kots jy maar voort en probeer ontslae raak van ‘n gewortelde verwarring en ‘n begeerte om in lyn te wees met jou land se vooruitgang. Vooruitgang is soms waarvoor ons almal baklei en stry, ons redekawel oor grense van velkleur en kultuur en later word ons kwaaivriende. Dit bring my terug dat ons almal maar na dieselfde ou ding soek. En soos dat Rome nie in een dag gebou is nie is ons maar weer terug by Hoop. Die tweelingsuster van my geliefde land. Die land wat my, my taal gegee het. Die land wat mense soos Madiba só lief gehad het dat hul nooit sou ophou baklei vir Haar nie. So wie is ek en jy om nie vir Haar, Suid-Afrika, te hoop nie? Hiervoor bedank het Nelson Mandela vir sy onbaatsugtige diens dat volke oor die wêreld steeds vasklou aan sy waardes en dat mense soos ek en my vriende die voordele daarvan sou geniet.

Glo tog

my woorde het nie die byt

van koeëls en grofgeskut nie

nee

my woorde kan bloot bid

en pleit

en wens

medeburgers van die lewe

dat ons van grense sal vergeet

en bloot mens sal wees

en medemens

Vince Olipant

Die Sagte vlees, 1998

 

Advertisements

Waarvan die mond van vol is: my Lemonde comeback

I know...

It’s been months, years, decades and centuries but as they say: “rather late than never”.  Hierdie blog skryf storie ding is nie vir sissies nie, so moenie verwag dat ek ‘n Beyonce comeback moet maak nie. Die rede vir die titel is net vir mense wat nie weet dat ek nou-en-dan grammatikale inkorrekte (check hoe verkeerd is daai :-D) blogs publish omdat ek bored is nie. Ek sukkel omtrent om iets ordentlik en passievol te skryf, en omdat niemand vir my ‘n paar rand in die sak druk om ‘n storie of twee te skryf nie, gaan hierdie pogings nie vêr nie. Ek dink ek is nou op daai stage van my lewe waar ek my bemoei met dinge wat vir my ‘n rooskleurige toekoms kan beloof. En as jy op daai stage van jou lewe kom, hou jy jou bek en doen soos jy moet, en dans asof niemand kyk nie…

Want daar is nie tyd nie. Daar is nie meer tyd om handjies op die skoot te sit en wag sodat iemand jou moet liberate en validate nie. Die lewe is té beautiful en expensive om alles te doen net sodat iemand jou op die skouer moet tik en sê: “I loved it”. Of hulle nou daarvan hou of nie, doen dit either way. Dit klink soms makliker gesê as gedaan maar Google daai sukses stories van Bill Gates en Oprah-hulle. Daai mense is living testimonies dat as jy op die ritme van jou eie tromme dans kan niemand, niemand jou stop nie. Jou danspassies sal so unique wees soos jou handpalms. Ek ken baie mense wat nie op hulle laat wag nie. Mense wat gou-gou ‘n gedig skryf oor Victoriastraat en haar pragtige bruin juweelagtige blare gedurende die herfs, of mense wat Jimi Hendrix ‘n run vir sy money kan gee met hul kitaar ballads oor die lewe en liefde wat so verkak is. Ek aan die ander hand verbeel my ek is iemand anders, trek ‘n costume aan, leer dialoog aan, vergeet so bietjie daarvan, paraphrase en maak dit my eie want Stella Adler het gesê “words is not the privilegde of the actor, they are ideas and thoughts, bring them to life”  of so iets. Is dit nie amazing hoe ons dag na dag ons gatte afwerk om iets tot die lewe te bring nie? Hetsy dit nou ‘n gedig, ‘n droom of net ‘n casual aandjie uit na Longstreet met byna niks op jou naam nie. Iemand het eendag vir my gevra waar lê die wonder van wêreld vir my. Ek kon nie dadelik dit antwoord nie want miskien ek is te jonk vir so ‘n vraag, maar Madonna sê altyd met selfvertroue: “Age is just a number”

So met my Madonna-inspired attitude begin ek dink oor die wonder van die wêreld. Ek begin toe sommer dink aan drome en realiteite, en ewe skielik is ek weer terug by Lauryn Hill se “Fantasy is what we want and reality is what we need” en dis toe nou weer soos van die wal af in die sloot. ‘n Eenvoudige vraag het gelei na ‘n amperse akademiese ondersoek na die wonder in die oë van iemand wat te veel wil weet en te veel wil doen. Ek het daai vraag, soos baie van ons in die sonkamer van my hart gebêre. Ek was daarvan oortuig dat die antwoorde magies sal verskyn en dan sal ek sommer so weet waar die wonder van die lewe wegkruip. En glo my, soms het my sonkamer gegloei en gegeur van wonderlikheid. Maar ek het besef en besluit dat die wêreld té groot en mooi is dat mens hom net volgens jou smaak moet definieer, and to quite frank, I’m too young for all of that.

Wat ek wel weet is dat daar in elke persoon ‘n stukkie wonder is. Of hul wonder nou wegkruip of poseer soos ‘n stuk goud op ‘n tand. God het in elk van ons goue gawes geplant, so dis jou verantwoordelik om jou storie te vertel met wat jy het en jou bek verder te hou (joke)

Nou ja, omdat ek nie met ‘n gesonde struktuur en literêre riglyne werk nie, kom my blogs maar so op ‘n einde. Ek gaan nou ‘n superficial quote op Goodreads soek, en dit paste en hoop dat ek weer eendag sal skryf:

“I wanted a perfect ending. Now I’ve learned, the hard way, that some poems don’t rhyme, and some stories don’t have a clear beginning, middle, and end. Life is about not knowing, having to change, taking the moment and making the best of it, without knowing what’s going to happen next.
Delicious Ambiguity.”
Gilda Radner

 Cheers

Keanen E

One Sheep. Many Sheeps

Sjoe.

Januarie is hier. Dit beteken daar’s nie meer ‘n kans vir my om die feestyd uit te byt vir ‘n kreatiewe hupstoot nie. My stilswye was ook nie ‘n fênsie social media detox tydperk nie – ek het bloot nie die geskikte tegnologiese vaardighede gehad om ietsie te probeer skryf nie. En soos ek my audience ken was niemand in die mood vir lang paragrawe wat soms nie tot ‘n punt kom nie (LOL). Dit is miskien hoekom mense soos Penny Sparrow en Gareth Cliff besluit het om Twitter se kits kommunikasie bronne te gebruik om hul deep thoughts oor Freedom  of Speech te voice. In ons arme landjie maak dit nie saak waar en wanneer ons hierdie dinge bespreek nie. Wat wel saak maak is hoeveel mense  jou perspektief of gevolgtrekkings te siene kan kry. En wanneer daar te veel olie op die vuur gegooi word sleep jy jou base casually hof toe en dagvaar hul vir R25 miljoen.

Kyk dis Gareth Cliff dié, ‘n mens verwag nie minder nie, maar vir iemand wat sy eie radio stasie besit klink hy maar ‘n bietjie desperate. Nou sing Gareth weer ‘n ander deuntjie: hy wil Gouelokkies (Somizi Mhlongo) en Young Yvonne Chacka Chacka (Unathi Msengana) ook onder die bus gooi. Vir wat? Hy kom maar bietjie soos ‘n bad loser voor. En wat van Penny Sparrow? I think its pretty safe to say that she wont be making any pennies with that type of songs she is singing. Dis soms onbeskryflik en gevolglik baie snaaks om tussen al hierdie chaos en vervlakking te lééf. Dink maar gou aan Andrew Barnes, nuusverslaggewer wat ‘n aanmerking gemaak het oor Onderwys minister Angie Motshekga se uitspraak van die woord “epitome”.  Ons almal weet dit is haar verantwoordelikheid om te verseker sy’s duidelik en hoorbaar – ek dink nie ‘n bespotting van haar tekortkominge sal haar leer om die woord ordentlik uit te spreek nie (ek is baie trots op myself want ‘n jaar gelede sou ek my vrek gelag het vir al die shenanigans)

Dit is nogal ‘n mission om te onderskei tussen 2015 en 2016. Alles voel nog vir my maar dieselfde. Ons is ook dan nog almal hard besig om van President Zuma ontslae te raak. Te danke aan die nasionale #FeesMustFall veldtog het ons nou ‘n nasionale aanvaarbare hitsmerk wat as die #ZumaMustFall veldtog heet. En toe besluit ‘n anomiene goeie feetjie om Langstraat in die moederstad te betower met ‘n moerse #ZumaMustFall bannier. Eish, ek gaan nie my steun vir daai veldtog gee nie want ek voel daars beter dinge waaroor ek nou kan advocate soos #CandyCrushMustFall #DataMustFall. Ek weet daars ‘n hele paar van julle wat saam sal stem. Die goeie fee het sy #ZumaMustFall poster vervang met die nasionale landsvlag (someone isn’t that brave after all)

Dit maak seker nie saak nie. Rolene Struass is nie meer Miss World nie. Straight Outta Compton is nie vir ‘n Oscar benoem nie. Steve Harvey het op Kersdag almal ‘n geseënde Paasgety toegewens (I still feel it for Miss Colombia). David Bowie het sy glitter en shiny shoes agterlaat. Lady Gaga is nou ‘n award-winning actress…

En die lewe gaan aan…..

Soos die Engelse juffrouens ons altyd laat verstaan het: One Sheep. Many Sheep

“Be an independent thinker at all times, and ignore anyone who attempts to define you in a limiting way.”
Sherry Argov

#ByeFelicia

 

 

Somewhere over Desmond Tutu se “Rainbow Nation”

“Every generation blames the one before and all their frustrations come beating on your door” só begin een van my favourite liedjies deur Mike & The Mechanics wat “The Living Years” heet. Dit is loshande één van daai treffers wat jy kliphard sal sing nádat jy finally verstaan wat Tupac en Lauryn Hill bedoel met hul protes-liedjies wat dié heilige koeie van dié samelewing lekker vertel oor hoe suur hul melk nou éintlik is. Lauryn Hill verduidelik in haar liedjie, “Adam Lives In Theory” dát “fantasy is what people want but reality is what they need“. Én in my hoedanigheid as ‘n born-free sit ek hier en skud my kop in ongelóóf. ‘n Mens kan nie ophou wonder oor die hoeveelheid mense in ons land wat dié geskiedenis gebruik om daagliks hul aksies en  perspectivesjustify nie. Én ons hóéf nie verder as ons government te kyk nie – want elke Parliament seating word in ‘n Halftime Superbowl konsert verander. Dit verbaas my glad nie want dié Speaker of Parliament, Misses Baleka Mbete is getroud met befaamde digter en musiek kenner, Keorapetse Kgositsile. Dit is seker die Jazz en Hip-Hop invloede wat Baleka so aanmoedig om elke point of order met ‘n loer-bo-oor-die-bril te aanvaar óf dit af te keer deur in die mikrofoon te leun met “Honourable Member, point of order not granted” sý het dit al soos ‘n rympie geleer vir daai EFF-troep met hul skarlaken rooi kostuums, maar ek blame haar nie, want dit sal tien dramatiese monoloë kos om hul stil te kry en Freddy Mercury het mos gesê “The Show must go on”

Die Suid-Afrikaanse politiese landskap fassineer my nie véél nie. Dit is een van die redes hoekom hierdie blog nie poog om ‘n academic inspiring analysis van hul dóén en láte te weergéé nie. Baie verdien hul brood en botter met grand opmerkings oor hoe swak die regering is en hulle staaf gevolglik waardige redes. Maar ek stel meer belang in Baleka Mbete se man en sy skryfwerk/oeuvre wat ‘n gebroke Apartheid Suid-Afrika karakteriseer ás haar Hip-Hop arrogansie. Natuurlik het elke persoon ‘n opinie oor die stand van sake in ons land; ek weet ook baie van ons wag vir Media24 om ons van ons daaglikse dosis “Regering maak weer droog” te voorsien. Dit is heel okay want niemand het aldag tyd om na die parliament te kyk nie want soms gebeur daar werklik niks. Baleka moet omtrent die arme lawyers wat soos lifeguards op aandag staan as ‘Honorable Members’ hul nie gedra nie, ontbied om haar geheue te verfris oor wat die House sê oor wangedrag. Amper soos toe F.W De Klerk daai tyd vir Oom Nelson laat kom het na Tuynhuis nadat Chris Hani om die lewe gebring was deur daai Poolse vent!

Die poppe het omtrent gedans… Tóé en nóú

Die fluitjies fluit hier op sy skerpste hier in Stellenbosch. Studente loop-hardloop met gebalde vuiste en sing liedjies om die geesdrif sterk en vars te laat voorkom. Biblioteke word gesluit; die studente wat eerder op die eksamen fokus vrees dat hul voorbereiding met nog ‘n week uitgestel sal word. Ek sit hier en skryf my blog uit ‘n mate van “Narrative Therapy” want my moer is reg om te strip. Ek is kwaad soos elkeen van ons wat nie meer weet wat tot wat hierdie aggressie sal lei nie. Die Pray for Paris ding is makliker om te begryp want jy kan ‘n sekere groep “blame”, maar ons weet nie nou hoekom tyres weer moet brand om ‘n punt oor te dra nie. Ek dink nie Jan Marais wat daar op die Rooiplein staan het ‘n asma probleem gehad nie. Één ding is verseker: dit is baie meer as #FEESMUSTFALL.

Is dit wat Desmond Tutu en Nelson Mandela in gedagte gehad het met hul “Rainbow Nation”? Was hul blaf groter as hul byt? I for one believe that the term Rainbow Nation portrays the vision these great men had fought for. Die dag toe Nelson Mandela besluit op vrede, eerder as geweld het hy die land in rigting van welvaart en verantwoordlikheid gestuur. En byna elke liewe dag breek die jeug van Suid-Afrika die hart en siel van Oom Nelson se dróóm. Sý harde werk. Sý 27 Jaar. Sý 46664.

 ONS BEHOORT ONS KOP IN SKAAMTE TE HANG

Die volgende deel van die blog verskyn volgende week. Ek hoop julle kon sin maak van wat ek hier bespreek het.

Tot volgende week

KE

Little Paris: ‘n Cape Town droom

Elke aand nadat ek pligsgetrou my Afrikaans op RSG verskerp het en vir dié laaste keer met pinkie in die lug aan my koffie slurp soos ‘n olifant wat heerlik by ‘n slide-the-city sy dors les, Google ek: “Cape Town at night”. Skielik is my kak Blackberry screentjie opgedolly met idilliese beelde van Tafelberg en swart oseane wat versier is met ‘n fees van liggies wat ‘n besonderse verskynsel op hom laat gloei. Dan só tussen my Vers en Klank potgooie en sigaret as wat soos sneeu op my kombersies gaan lê, voel ek soos ‘n mynmagnaat wat op ‘n unieke vonds afgekom het…

Met ‘n dankbare hart vir Google en Blackberry Internet Service plaas ek elke foto onder my twéé skeptiese pupils: “Fok, maar dié plek is ‘n stunning plek” is altyd die eerste opmerking wat dan sterk kontrastreer met Margot Luyt se beautiful Afrikaans poems met die fancy Afrikaanse woorde. My hart begin allerhande dinge vir die foto’s fluister en my brein sukkel om alles te absorbeer want hy moet nog die mooiste “Cape Town at night” kiekies vir my oë voer. En só sit die Overbergskind byna elke aand met Waterfront se uitsigte en Kampsbaai sunsets op sy foon. Ek wonder skielik hoeveel van die foto’s is nou gephotoshop of gefilter vir ‘tourism propaganda’ doeleindes want ek het ook al lekker juicy stories gehoor van City Of Cape Town né! Maar anyway ek gaan voort met my Cape Town Google Search Ritual, and oh my goodness, híér is dié smart huise wat constantly op Top Billing gefeature word!! Jy kry die fancy huise almal onder “Hout Bay Houses” of sommer so casually onder “Cape Town Houses“.

‘n Mens kan nie wonder hoe lank dit die eienaars van daai huise geneem het om dit so prentjie mooi te kry nie. Daar moet seker ‘n paar opofferings gewees het of some sort óf het hulle almal onder die sambreel van White Privilege en Black Economic Empowerment gaan skuiling soek en toe besluit History en Legacy om maar te gee wat hul toe kom. Ek wonder hoeveel ‘gekleurdes’ kon na Distrik Ses se bulldozers sommer die bus na Houtbay vat en daar gaan soek na blyplek . Ai, ek is maar net ‘n bietjie jaloers omdat ek veral 16 of 17 jaar oud was toe ons vir die eerste keer ‘n kaggel laat insit het. En omdat ek nou agter ‘n stupid komper sit en Blogs skryf waar ek eerder op ‘n strand kaalgat tussen die rotse my dik kon rook aan al die cheap Rothmans (Aksynbelasting is ‘n bitch). But think about it my mense, dit is vreeslike ding om ‘n posh join daar te kry. En miskien nie so seer weens jou velkleur of iets oppervlakkigs nie. But let’s face it, as djy in daai highty mighty neighbourhoods met jou 10 honde en Pinkster Worship liedjies elke sondag gaan baljaar is dit tickets met jou! Jy moet maar Cece Winans of Gospel Instrumental music luister want daar is dit net die Ice Princes en Nessun Dorma wat daar operate. Dis einste die Lifestyle programs soos Top Billing en Pasella wat ons almal mos lekker aan die droom gesit het. En daar is niks daarmee fout nie, want ek weet baie van ons wag vir daai Lotto of krap-kaartjie sodat ons drome nou ‘n Campsbay-reality kan word. Dit het my ook besonders angstig gemaak toe die Lotto mense so met mekaar fight en werskaf, ek weet steeds nie hoe ek oor die nuwe Phanda, Pusha, Play storie voel nie. ‘n Mens se drome is nie ‘n speletjie nie!

“In the world of the dreamer there was solitude: all the exaltations and joys came in the moment of preparation for living. They took place in solitude. But with action came anxiety, and the sense of insuperable effort made to match the dream, and with it came weariness, discouragement, and the flight into solitude again. And then in solitude, in the opium den of remembrance, the possibility of pleasure again.”
Anaïs Nin

My vriende, ek hoop julle het dit geniet. Droom saam met my!

Keanen E

Spotters se huis brand af!!!

‘n Paar aande gelede gesels ek en ‘n goeie vriendin oor ons ervaring van veral kleure sport op laerskool. En mens, my vriendin het nou stories en stalkies vir Afrika. Nadat ek amper twee swart koffie kolle op my lelie wit vloer gelos het hardloop my sport-memories soos ertjies wat uit ‘n Koo-blikkie rol. Ek is daarvan oortuig ons almal het ‘n fraksie van daai childhood memories hetsy dit goed of sleg was, ‘n memory is ‘n memory. Die dae toe die reënboog met sy verskeie skakerings in Rooihuis, Groenhuis, Blouhuis en Geelhuis verteenwoordig was deur klein mensies met melktandjies en tenke vol van energie. Dit was ook die dae toe elke ouer finally die peperduur Student Prince afdelings kon vermy deur ‘n cheap colourful hempie by Pep en Jet te koop. Daar is niks wat ‘n ouer meer bedonnerd maak as skool klere wat duurder is as Krismis klere nie. Deesdae sal slimbekke reken dit is ‘n investment en dra by tot discipline, maar in reality weet ons mos goed hoe die kinders vandag daai pragtige Toughees en grys broekies bepoeier met stof en sand.

Terug by die sport(s) 😀

My laerskool het altyd ‘n massiewe atletiek-baan gehuur vir die vreeslike affere. En om nou eerlik te wees, ek dink dis die eerste damn ding wat my geintimideer het. Skielik is dit ‘n mainstage waar jy jou spoed (of gebrek daarvan) vir die massas kan afshow. Jy het ‘n geleentheid om die onderwysers te wys of jy binne die volgende vyf jaar soos ‘n wafferse nat-kat in Boland en WP klere gaan vogue. Dit was vir maar net ‘n dag waar jy klasure kon verruil vir die fel son en al fieterjasies wat daarmee saam gaan. Ek onthou goed hoe die sterk kook-olie reuke dik deur die lug gesweef het soos daai spies wat later vanmiddag deur een of ander hemelbesem gegooi moet word. Slaptjips was mos die main attraction vir my; ek kon dit net nie hanteer as jy so lank daar moes staan en wag nie. Want dan gaan die verskillende huise mos verskriklik tekere en die mikrofone spoeg “BLOUHUIS IS EERSTE” “GROENHUIS IS TWEEDE” en “KEANEN IS LAASTE” (terwyl Keanen nog vir die slaptjips wag want die groter kinders word mos altyd eerste gehelp).

It was truly an experience I would never forget. Dit was altyd so fokken snaaks dat sekere kinders wat goed weet die kanse om ‘n Usain Bolt indruk te maak is nul maar hul neem steeds deel (they called it gees, I called it try the choir, brother) By the way het jy geweet sy volle naam is: Usain St. Leo Bolt. Noem my maar Keanen St. Lui Engel as jy die guts het maar as ek daai hoogspring-apparaat so eensaam en verlate op die veld sien staan het, het ek geweet daar is no way dat ek soos Hestrie Cloete gaan pole vault nie. I don’t even dance on poles how can I jump over them, daai is seriously te veel gevra van iemand wat tussen die half-gekoude doughnuts en JC bompie sakkies probeer sin maak van wat aangaan rondom my. Maar daar was natuurlik ook dinge wat ek baie enjoy het. Soos om my groot te hou, daai baan was seriously te groot en die ruimte het my soos ‘n grootmens laat voel. Ons het altyd die ouer kinders se body language en mannerisms gecopy. In groepies rond geloop en dinge observe soos die FBI, en natuurlik moes ons altyd ons uit die spore maak want daar was altyd ‘n ouer seun wat een of ander vorm van boelie wou toe pas (en as hulle laaste kom of hulle amper half-disnis val oor die hekkies breek ek my in bits en pieces)

Daar was  ook die ouers wat lojaal hul kinders kom ondersteun het. My ma was nooit daar nie want sy het geweet ek maak uit alles ‘n sirkus en miskien was sy bietjie moeg daarvan. Maar die ander maatjies se Mammas en Pappas het saam met hul kinders gehardloop tot by die eindstreep en het lekker die onnies wat posh onder ‘n gazebo sit skeef aangekyk (ek ook). Net so langs die onnies wat lekker in die shade sit, is die podium waar die wenners kon shine in die son. Dan raak my hart meteens seer; dan raas ek met myself: “Hoekom het jy nie gaan spring in die sand nie, dis tog net sand, en Kleinbegin het baie daarvan!!!”

En net daar en dan besef ‘n mens, Dames en Here, dat die lewe nie oor wen gaan nie. Dit gaan oor baie meer as die resultaat van ‘n aktiwiteit. Die kleur en geur van die lewe word in die proses van die LEWE gevind en niemand mag jou van daardie voorreg ontneem nie. Alhoewel ek lekker gespot het met dinge soos die kleuresport, het dit my ook baie dinge geleer en ek hoop dat ons nooit sal op hou leer nie en vir enige person wat kak soek, antwoord soos volg: “Spotters se huis brand!”

Okay bye,

on your marks. get set. GO

 

The writing’s on the wall

.

Daar is niks wat my soveel vreugde gee as om ‘n punt aan die einde van ‘n sin aan te tref nie. Ek hou van lekker kort en kragtige sinnetjies wat opgedolly is met verkeerde leestekens en uitspattige statements. Omdat ek my soms tussen leunstoel “Grammar Nazis” bevind is daardie voorreg nie altyd tot my beskikking nie. Ek moet maar sulke posh paragraphs skryf wat lyk asof ek ook weet wat aangaan. Daar is soveel dae wanneer ek net “FOK DJOU” wil skryf en ‘n punt wil agter laat, ewe nonchalant en blasé. Maar vriende soos ons almal goed weet, die lewe werk ongelukkig nie so nie. Jy moet jou weg tussen punte en kommas en koppeltekens vind om ordentlik vir mense te beskryf hoe jy voel. Anders kap die goed weer hul gat aan en jy is die pou sonder vere

Hoe voel jy?

Oktober het so vinning sy plek in 2015 kom neem, byna sonder enige waarskuwing. Ek kla nie ou maat, daar’s niks wat my meer lewe gee as ‘n arme ou kalendertjie nie. Ek het ‘n cheap kalender by ‘n stationary shop, way back in January as ‘n geskenk gekry. En elke 30ste of 31ste van ‘n maand, gryp ek die naaste pen of potlood en skraap die lewe uit die dae van ‘n maand. Die arme pienk en blou blommetjies wat tussen die maande pronk moet ook onder my skielike opgewondenheid ly. Come to think of it; dit mag die rede wees hoekom my kalender byna elke tweede middernag skeef teen die muur hang of met sy gesig teen die grond lê.  Die vrolike kalendertjie met sy (HB pencil ) diagonale lyne het seker al sy gat vanaf Maart maand vir my aangekap. Hieroor het ek natuurlik gemengde gevoelens; omdat ek van my almanac hou. Dit represent the past, the present en Krimis en Nuwe d’jaar.  Anyway, dis amper alweer November en dan voila: Desember. Dit dryf my teen die mure en sluit aan by die tema van die blog. Die jaar staan aan die einde se kant toe en ek het nog nie die lotto krap-kaartjie gewen nie,  ek kan nog nie wettig agter ‘n kar se stuurwiel sit nie en my Justin Bieber hairystyle is nog altyd ‘n Huisgenoot middelbladsy-fantasie.

Ja, ja ek weet dis nog nie tyd om oor die jaar se manewales te reflekteer nie want ons los dit mos maar vir ‘n paar dae voor die 1ste Januarie sodat ons rede het om ‘n bietjie happier te wees as normaal en wanneer al die oppervlakkige Facebook posts meer as twingtig likes kry (per minute nogals). Hoe like djy daai shade? Nog ‘n vraag is hoekom hou mense  daarvan om teen daai tyd van die jaar so  af te show; dit gaan my verstand te bowe, veral as dit kom by die tyd dat die Kaapse Klopse met hul Malay-inspired songs begin tekere gaan dan is almal mos moeg en pootuit en die maand is nog lank vir sommige mense. Daarmee gesê, ek glo dat mense rede het om bietjie stoom af te blaas en terselfdetyd plek te maak vir nuwe stoom.

So tussen al die stoom en leestekens maak ons gereed om nog ‘n akademiese jaar af sluit en kan mens nie anders om dankbaar te wees vir God se genade en liefde gedurende die jaar nie. Dit neem my weer terug na my gunsteling koortjie: “Môre sal die son weer skyn, miswolke sal dan verdwyn, glimlag deur die stormwind jy is mos ‘n Koningskind”