The perks of being a Madiba wallflower

Gister het die Madiba-winde ons weer herinner aan die koelte van vrede en vryheid. 18 Julie word stadig, maar seker ons hoop-dag. Waar ons as landsburgers ons wend na onbaatsugtige diens om diegene in nood vir 67 minute weer te laat hoop. Hoop, as abstrakte naamwoord behoort Suid-Afrika se tweelingsuster te wees. Ons geskiedenis kan maklik op die Hoop weegskaal gemeet word. Waar was ons? Waarheen is ons oppad? Glo dit of nie, hier doen sosiale media sy wonderwerke. Jy kan sien waarmee organisasies hul mee bemoei op hierdie spesiale dag, glanspersoonlikhede aan die anderkant verruil hul Top Billing inspired attires vir iets ietwat meer beskeie maar wat steeds aan Instagram se standaarde voldoen. Besighede vertel bors uit hoe hul verandering probeer teweeg bring in ‘n land steeds gedompel in armoede en wanhoop. Maar Mandela-dag moet ons. Dit is beter as niks. Slegs ‘n uur en sewe minute.

Hierdie vreeslose man, Dalibhunga, soos ons soms luidkeels in opgewonde en dankbaarheid herroep het gister 98 jaar oud geword. Twee jaar weg van ‘n eeu. En steeds sug ons met “Ai, wat as hy hier was”. Hoekom steeds hierdie hunkering na sy teenwoordigheid? Hoekom hierdie verwagting dat hy wonderbaarlik iets sou sê wat ons na groener weivelde sal lei? Hy voel soms soos Reza De Wet se Konstabel wat ons sal bevry uit ‘n kokon van frustasie en ‘n hedendaagse ballingskap. ‘n Mate van “ek weet nie vir wie om vir die opkomende eleksies te stem nie?”. Vasgevang en verwerp tot die genade van Die Burger, Rapport en as jy gelukkig is die SAUK… Kan jy jou regering glo? kan jy met ‘n veerligte hart gaan slaap en weet jou leiers dra jou beste belange op die hart? Hoe idillies klink dit nie dat Rolihlahla ons soos ‘n ‘beblaarde’ tak van ‘n dooie boom sou pluk nie. Dat hy ons sou verlos van die verwarring en verdeeldheid waarvoor hy met beiteljie en boek vir  27 jaar en meer baklei het. Tans is daar geen reënboog, oftewel ons sukkel-sukkel nog steeds voort in die reën. Ons hoop en ons hoop maar soms lê ons mynhoop so swaar en hoog dat ons summier weier om hande daarin te slaan en probeer red wat te redde is.

Nou dink jy seker: wat verwag ‘n 21-Jarige “kleurling” wie steeds voel hy en sy mense is die middel kinders van sy geboorteland se demokrasie. Wie en watter beloftes is aan hom gemaak? Dit is nie belangrik dat jy my begeertes en krete maklik behoort te identifiseer nie. Wat belangrik is is  dat ‘n groot meerderheid van hierdie land se “toekoms” in absoluut verwarring gedompel is. Daar is leemtes en ‘n gapings wat jy dink behoort gevul te wees. Leemtes wat miskien seerplekkies is wat  rouer en erger geword  het dat jy later opeindig met vreesaanjaende rassehaat en verdeeldheid (dit hoef nie soos die ABC in ‘n Graad 1 klas te pronk nie. Jy weet dis iewers. Jy kan dit voel). Ons almal hardloop laat die stof  staan sodat ons nie deur die gif van die kokkende pot van diskriminasie hoef geraak te word nie. Soms vind jy dat mense graag die illusie van samehorigheid probeer skilder. Everybody is an artist they say, maar behoede my!!  21 Jaar in ‘n demokrasie en jy moet steeds iets skilder om jou waarheid en persepsie aan my oor te dra? BE IT DON’T SAY IT!!!

Mens is geneig om hierdie kwessies op platforms soos sosiale media te bespreek. Miskien omdat dit groot genoeg is dat iemand iewers van jou geraas kan sin maak of miskien omdat jy hoop dit deel vorm van die groter geraas. Dalk resoneer dit net met wat alreeds gesê was. Só kots-kots jy maar voort en probeer ontslae raak van ‘n gewortelde verwarring en ‘n begeerte om in lyn te wees met jou land se vooruitgang. Vooruitgang is soms waarvoor ons almal baklei en stry, ons redekawel oor grense van velkleur en kultuur en later word ons kwaaivriende. Dit bring my terug dat ons almal maar na dieselfde ou ding soek. En soos dat Rome nie in een dag gebou is nie is ons maar weer terug by Hoop. Die tweelingsuster van my geliefde land. Die land wat my, my taal gegee het. Die land wat mense soos Madiba só lief gehad het dat hul nooit sou ophou baklei vir Haar nie. So wie is ek en jy om nie vir Haar, Suid-Afrika, te hoop nie? Hiervoor bedank het Nelson Mandela vir sy onbaatsugtige diens dat volke oor die wêreld steeds vasklou aan sy waardes en dat mense soos ek en my vriende die voordele daarvan sou geniet.

Glo tog

my woorde het nie die byt

van koeëls en grofgeskut nie

nee

my woorde kan bloot bid

en pleit

en wens

medeburgers van die lewe

dat ons van grense sal vergeet

en bloot mens sal wees

en medemens

Vince Olipant

Die Sagte vlees, 1998

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s