The writing’s on the wall

.

Daar is niks wat my soveel vreugde gee as om ‘n punt aan die einde van ‘n sin aan te tref nie. Ek hou van lekker kort en kragtige sinnetjies wat opgedolly is met verkeerde leestekens en uitspattige statements. Omdat ek my soms tussen leunstoel “Grammar Nazis” bevind is daardie voorreg nie altyd tot my beskikking nie. Ek moet maar sulke posh paragraphs skryf wat lyk asof ek ook weet wat aangaan. Daar is soveel dae wanneer ek net “FOK DJOU” wil skryf en ‘n punt wil agter laat, ewe nonchalant en blasé. Maar vriende soos ons almal goed weet, die lewe werk ongelukkig nie so nie. Jy moet jou weg tussen punte en kommas en koppeltekens vind om ordentlik vir mense te beskryf hoe jy voel. Anders kap die goed weer hul gat aan en jy is die pou sonder vere

Hoe voel jy?

Oktober het so vinning sy plek in 2015 kom neem, byna sonder enige waarskuwing. Ek kla nie ou maat, daar’s niks wat my meer lewe gee as ‘n arme ou kalendertjie nie. Ek het ‘n cheap kalender by ‘n stationary shop, way back in January as ‘n geskenk gekry. En elke 30ste of 31ste van ‘n maand, gryp ek die naaste pen of potlood en skraap die lewe uit die dae van ‘n maand. Die arme pienk en blou blommetjies wat tussen die maande pronk moet ook onder my skielike opgewondenheid ly. Come to think of it; dit mag die rede wees hoekom my kalender byna elke tweede middernag skeef teen die muur hang of met sy gesig teen die grond lê.  Die vrolike kalendertjie met sy (HB pencil ) diagonale lyne het seker al sy gat vanaf Maart maand vir my aangekap. Hieroor het ek natuurlik gemengde gevoelens; omdat ek van my almanac hou. Dit represent the past, the present en Krimis en Nuwe d’jaar.  Anyway, dis amper alweer November en dan voila: Desember. Dit dryf my teen die mure en sluit aan by die tema van die blog. Die jaar staan aan die einde se kant toe en ek het nog nie die lotto krap-kaartjie gewen nie,  ek kan nog nie wettig agter ‘n kar se stuurwiel sit nie en my Justin Bieber hairystyle is nog altyd ‘n Huisgenoot middelbladsy-fantasie.

Ja, ja ek weet dis nog nie tyd om oor die jaar se manewales te reflekteer nie want ons los dit mos maar vir ‘n paar dae voor die 1ste Januarie sodat ons rede het om ‘n bietjie happier te wees as normaal en wanneer al die oppervlakkige Facebook posts meer as twingtig likes kry (per minute nogals). Hoe like djy daai shade? Nog ‘n vraag is hoekom hou mense  daarvan om teen daai tyd van die jaar so  af te show; dit gaan my verstand te bowe, veral as dit kom by die tyd dat die Kaapse Klopse met hul Malay-inspired songs begin tekere gaan dan is almal mos moeg en pootuit en die maand is nog lank vir sommige mense. Daarmee gesê, ek glo dat mense rede het om bietjie stoom af te blaas en terselfdetyd plek te maak vir nuwe stoom.

So tussen al die stoom en leestekens maak ons gereed om nog ‘n akademiese jaar af sluit en kan mens nie anders om dankbaar te wees vir God se genade en liefde gedurende die jaar nie. Dit neem my weer terug na my gunsteling koortjie: “Môre sal die son weer skyn, miswolke sal dan verdwyn, glimlag deur die stormwind jy is mos ‘n Koningskind”



Advertisements

Oh, Darling. GIVE ME A DRINK BEFORE I DIE!!!

1 September 2015

Lente is hier. Jippie. So besluit ek ook sommer vandag om ‘n nuwe blog te skryf oor die seisoen van blomme en lekker geure, kleure en skonskyn-were (my meervoud vir weer soos in weather). Die weather lyk nie goed vir Stellenbosch nie, ek bedoel ons is gewoond aan die konstante reen en mismoedige wolke wat skielik op jou neer storm. Hier is ‘n anderste weather wat hier rond heers, ‘n weather waar studente met sweep en vuis mekaar takel. ‘n Weather wat geen voorspeller vir ons kan sê wanner hierdie gedrag gaan ophou nie. Ek weet nie eens hoekom ek hieroor skryf nie, I guess I have a few thoughts about it, I mean there is this big thing here about WE CAN’T BREATH, and AWAY WITH AFRIKAANS and all that I can think of is my vacation that starts on Friday. Ek weet werklik nie hoe om sin te maak van hierdie opstande nie; hierdie gewelddadige pogings van studente om hul sin te kry nie. Ek weet nie hoe om daaroor te voel nie, daar is soveel dinge wat in persoonlike lewe gebeur waarvoor ek byna elke dag ‘n optog kan loods of mense kan aanval – maar dit werk ongelukkig nie so nie. I have learned to shut up and work for what I want. If I want to be the person that I want to be I can’t go and attack people.

*

A few days ago I read one of the most disturbing articles, I read in a long time. To crown the whole story, it happened just under my nose. After I read the article I couldn’t help but share it with my friends on Facebook, and some of them even shared it with their friends. How they received this horrible incident made me feel ‘okay’. It really took me, and I would encourage you to please read the article as it a manifestation of the reality of many students at my Campus. We name-shame each other and dare to go back to a period where we oppressed each other for the sake of patriotism. I cannot understand why this cruelty has to repeat itself 21 years after “The Struggle” after so many people had to sacrifice their God-given right to live, be alive and share in the human spirit. I apologize if my blog is very vague, and I know someone who is not aware of the current issues in Stellenbosch might be lost, but rest assured, I have you covered:

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/LIVE-Stellenbosch-to-brief-Parliament-committee-on-language-plans-20150901

http://mg.co.za/article/2015-08-27-not-open-says-open-Stellenbosch

*

Nou ja toe, ek het nog byna niks van lente gesê nie my mense. I got carried away with this stupid business. But oh well, a bit of drama here and there ain’t bad  at all. Ek dink nou aan ‘n koortjie wat ek en my Ma altyd gesing het: “More sal die son weer skyn, miswolke sal dan verdwyn. Glimlag deur die stormwind, jy is mos ‘n Koningskind”. Is dit nie beautiful nie? Dit is mos wat Lente werklik is neh? Dit wat na die herfs en winter kom. Ag weet jy, hoe soapy en lame dit nou mag klink – more sal beter wees as gister.

A very blessed Spring, Summer, Fall and Winter.

Ruiter-en-Swart (‘n Ode aan my gunsteling besem-maker)

Sawubona Maatjies

Ek hoop dis lekker daar waar jy nou vakansie hou. Dis miskien nie so lekker aan my kant nie want die akademici loer vir my om elke hoek en draai, maar ek sal die uitdaging aanvaar en my kant bring. Bitter baie dank en waardeering vir elke siel wat tot dusver ‘n draai kom maak het hier by my kuberruim-heelal.

Vandag se storie het ‘n ander toon en gevoel en ek raak so bietjie benoud as ek oor hom praat of dink …

Bredasdorp is bekend vir sy unieke inwoners. Dit het altyd vir my gevoel asof daar een of ander sepie geskiet word waarvan ek  nie weet nie. Die dorp se skoonheid lê in sy mense en hul dinge. Ek het altyd gewonder hoekom mense sou dink of sê dat Bredasdorp klein was, as dit vir my so enorm gevoel het… Okay, hier kom die storie.

Daar was hierdie briljante sakeman en entrepreneur wat ‘n bestaan gemaak het uit die vervaardiging van rietbesems met die wonderlikste naam: Ruiter-en-Swart. Ek is te jonk om die rede vir hierdie interteks met Vonk de Ridder se Ruiter-in-Swart  te verskaf so for now you’ll have to settle with my recycled version of my favourite person. Ruiter-en-Swart was altyd heel gemaklik tussen ‘n spul vriende by die naaste kantien vanwaar hy sy besems verkoop het. Dit was die volmaakste plek waar enige entrepreneur ooit hul produkte kon verkoop. Dis soos Spar en Checkers wat hul lekkernye net daar by die kassiere neergooi vir ons impulsiewe kopers en mens, ons laat mos nie dan op ons wag nie. Ons koop alte graag Sally Williams Nougat in die verbygaan al is dit dooie week. Ruiter-en-Swart was lojaal aan sy klante en was altyd te siene met een of twee besems in die hand. Hy is dan ook die man wat die meeste vrees in my klein brons lyfie kon ontketen. Die besem-man het my draaie laat hardloop wat geen mens ooit kon nie, en hierdie “vrees” het my ‘n paar dae laat dink aan mense soos Ruiter-en-Swart en sy vroutjie wat lekker gekuier het in die Kraal, by die begrafplaas oorkant Julians en Midnight se stoepie. My ouma Poekels was self ‘n vurige veteraan en aktivis vir Bredasdorp. So vandag dink ek aan my Legends wat die lewe ‘n bietjie makliker en vreemder laat voorkom het. Ek wens ek het meer geweet sodat ek meer oor hul kon skryf, sodat hulle langer met ons kan wees ongeag hul gekose lewenswyses (it will be shallow of us to judge them) Die bietjies en stukkies wat ek oor hulle het sal maar vir nou ‘n glimlag op my gesig moet sit.

“The times you lived through, the people you shared those times with — nothing brings it all to life like an old mix tape. It does a better job of storing up memories than actual brain tissue can do. Every mix tape tells a story. Put them together, and they can add up to the story of a life.”
Rob Sheffield, Love Is a Mix Tape      

Ruiter passed away after he was attacked by a dog.

‘n Ander Aspoestertjie vir ‘n ander dag

cinderella-glass-slipper-2015-movieMiskien is die lewe  tog maar die sprokie wat ons in ‘n realiteit wil verander. Ons soek tog na daardie “happy ending” met die moerse klomp glitter en konfettie of miskien net daardie oomblik van pure happiness. Die afgelope paar jaar het my “born and bred in Bredasdorp” entoesiasme aansienlik afgeneem oor die skielike status wat Bredasdorp in die media en via die ‘leunstoel-speurders’ gekry het. Die kwaad wat aan die slagoffers gedoen was sal vir ‘n lang tyd diep in ons harte resoneer en bietjie vir bietjie, stukkie vir stukkie ons trots en verantwoordelikhede vervlak want “ons almal is mos nie so nie!!!”. Ek is daarvan oortuig dat op ‘n persoonlike vlak, ons byna elke dag ‘n bietjie aanhou-en-uithou verloor as ons so links en regs vir ‘n pop gevat word. Dan wens ons skielik dat ons ‘pop’ sommer superpowers kan kry en ons die situasies oornag kan verander – wat my bring tot by Aspoestertjie of soos my Engelse maters haar noem: Cindi(rella). Nou einste Cindi het mos maar ‘n vreeslike tyd gehad onder haar wrede Stiefma en die se drie dogters wat ‘n titseltjie erger as die Stiefma was. Dit moes hel vir arme Aspoestertjie wees om vir so lank saam met vier mense te wees wat g’n respek en omgee vir haar gehad het nie. Dit kon haar nie eens keer om te glo in ‘n beter toekoms vir haarself nie. Ons almal weet toe wat verder gebeur het … blah blah BOOM sy ontmoet toe die Prins en daar “Happily Ever After” hulle toe en alles weens ‘n glass slipper. Ek, soos vele ander Overbergers het gehoop daar kon ‘n fairy godmother vir Kayde Williams (2015) en Anene Booysen (2013) op hul voorkop soen en na ‘n sprokie-agtige drop vervoer – weg van die seer en pyn. Eerder as ‘n klein kruisie wat hul finale berusting aan nuuskierige en simpatieke oogies identifiseer. Soms voel  ek dat Aspoestertjie werklik lucky was om verandering en liefde in haar lewe te verwelkom – waar ons hier in die real world dit doelbewus van mekaar af steel. But I guess all is not lost after all, Bruce Jenner was vir die groot deel van sy lewe ‘n ruspe voordat hy as Caitlyn Jenner kon Madam Butterfly. Nelson Mandela was gestroop van alles en almal en tot hierdie dag het ons darem nog ‘n Uur en sewe minute om mekaar te herinner aan ons menslikheid. Fantasy is fantasy and life is life but if you mix the two you receive both for the price of one. I wish you all of the best. Ek los jou met ietsie om aan te prikkel …

“My mission in life is not merely to survive, but to thrive; and to do so with some passion, some compassion, some humor, and some style”

Maya Angelou

Hallo Maatjie/Mate

Today is a very important day in my blogging-life. Its the birth of my blogging life. The 3rd of August will know officially be a day of cyber-success and my first attempt to share my writing or my thoughts as I wish to call it, to the rest of the world. For now the “world” will probably have to be people who are able to understand and interpret Afrikaans, the language which was first introduced to my ears and tongue by Estelle Engel (my mother) and Lance Jacobs (my father) and fine tuned by the amazing teachers that helped my grow into the person I think I am today. In the spirit of language, as I am typing this I am reminded of how fortunate I am: having the ability to communicate and interact with the English Language. I was always fascinated by people who spoke the language and as a little boy I used to tell myself that “one day I’ll sound like that”. Now I can yes and no in English with quite the confidence I never had as a little boy – mainly because I opened my self to the experience and wonder of another language, even right now I’m reading Shakespearian Sonnets in preparation for my class tomorrow (4th August, also the Birthday of Barack Obama) even right now as I’m “writing” my first blog and uses the same language that once belonged to people I only saw on television. What I am getting at is the fact that some people out there, especially in our country, is busy killing each others language with hatred and filth; connecting the language the world that is no longer relevant in our “reality”. A few days ago students at a particular University bashed into a lecture, disrupted the class with “We can’t breath” posters all because of the use of Afrikaans, my home language. I obviously love and respect my language and I’m very aware of how my home language was used during The Struggle to intentionally derive pupils from the richness of Education but this was somewhat different. And I will not explain how and why cause my English is shimmering away now LOL. I feel to say that sometimes the structure and format of a thing is not what cripple us but our attitude and mind-sets. We all know attitude is everything. I am stopping right here. Peace. Till we klets again. Lekke dly

(If there is any grammatical errors or mishaps please report at the administration [Comment Box] and If you wish to comment on this matter you may also report at administration or if you wish to ……. OK, Im leaving)