Little Paris: ‘n Cape Town droom

Elke aand nadat ek pligsgetrou my Afrikaans op RSG verskerp het en vir dié laaste keer met pinkie in die lug aan my koffie slurp soos ‘n olifant wat heerlik by ‘n slide-the-city sy dors les, Google ek: “Cape Town at night”. Skielik is my kak Blackberry screentjie opgedolly met idilliese beelde van Tafelberg en swart oseane wat versier is met ‘n fees van liggies wat ‘n besonderse verskynsel op hom laat gloei. Dan só tussen my Vers en Klank potgooie en sigaret as wat soos sneeu op my kombersies gaan lê, voel ek soos ‘n mynmagnaat wat op ‘n unieke vonds afgekom het…

Met ‘n dankbare hart vir Google en Blackberry Internet Service plaas ek elke foto onder my twéé skeptiese pupils: “Fok, maar dié plek is ‘n stunning plek” is altyd die eerste opmerking wat dan sterk kontrastreer met Margot Luyt se beautiful Afrikaans poems met die fancy Afrikaanse woorde. My hart begin allerhande dinge vir die foto’s fluister en my brein sukkel om alles te absorbeer want hy moet nog die mooiste “Cape Town at night” kiekies vir my oë voer. En só sit die Overbergskind byna elke aand met Waterfront se uitsigte en Kampsbaai sunsets op sy foon. Ek wonder skielik hoeveel van die foto’s is nou gephotoshop of gefilter vir ‘tourism propaganda’ doeleindes want ek het ook al lekker juicy stories gehoor van City Of Cape Town né! Maar anyway ek gaan voort met my Cape Town Google Search Ritual, and oh my goodness, híér is dié smart huise wat constantly op Top Billing gefeature word!! Jy kry die fancy huise almal onder “Hout Bay Houses” of sommer so casually onder “Cape Town Houses“.

‘n Mens kan nie wonder hoe lank dit die eienaars van daai huise geneem het om dit so prentjie mooi te kry nie. Daar moet seker ‘n paar opofferings gewees het of some sort óf het hulle almal onder die sambreel van White Privilege en Black Economic Empowerment gaan skuiling soek en toe besluit History en Legacy om maar te gee wat hul toe kom. Ek wonder hoeveel ‘gekleurdes’ kon na Distrik Ses se bulldozers sommer die bus na Houtbay vat en daar gaan soek na blyplek . Ai, ek is maar net ‘n bietjie jaloers omdat ek veral 16 of 17 jaar oud was toe ons vir die eerste keer ‘n kaggel laat insit het. En omdat ek nou agter ‘n stupid komper sit en Blogs skryf waar ek eerder op ‘n strand kaalgat tussen die rotse my dik kon rook aan al die cheap Rothmans (Aksynbelasting is ‘n bitch). But think about it my mense, dit is vreeslike ding om ‘n posh join daar te kry. En miskien nie so seer weens jou velkleur of iets oppervlakkigs nie. But let’s face it, as djy in daai highty mighty neighbourhoods met jou 10 honde en Pinkster Worship liedjies elke sondag gaan baljaar is dit tickets met jou! Jy moet maar Cece Winans of Gospel Instrumental music luister want daar is dit net die Ice Princes en Nessun Dorma wat daar operate. Dis einste die Lifestyle programs soos Top Billing en Pasella wat ons almal mos lekker aan die droom gesit het. En daar is niks daarmee fout nie, want ek weet baie van ons wag vir daai Lotto of krap-kaartjie sodat ons drome nou ‘n Campsbay-reality kan word. Dit het my ook besonders angstig gemaak toe die Lotto mense so met mekaar fight en werskaf, ek weet steeds nie hoe ek oor die nuwe Phanda, Pusha, Play storie voel nie. ‘n Mens se drome is nie ‘n speletjie nie!

“In the world of the dreamer there was solitude: all the exaltations and joys came in the moment of preparation for living. They took place in solitude. But with action came anxiety, and the sense of insuperable effort made to match the dream, and with it came weariness, discouragement, and the flight into solitude again. And then in solitude, in the opium den of remembrance, the possibility of pleasure again.”
Anaïs Nin

My vriende, ek hoop julle het dit geniet. Droom saam met my!

Keanen E

The writing’s on the wall

.

Daar is niks wat my soveel vreugde gee as om ‘n punt aan die einde van ‘n sin aan te tref nie. Ek hou van lekker kort en kragtige sinnetjies wat opgedolly is met verkeerde leestekens en uitspattige statements. Omdat ek my soms tussen leunstoel “Grammar Nazis” bevind is daardie voorreg nie altyd tot my beskikking nie. Ek moet maar sulke posh paragraphs skryf wat lyk asof ek ook weet wat aangaan. Daar is soveel dae wanneer ek net “FOK DJOU” wil skryf en ‘n punt wil agter laat, ewe nonchalant en blasé. Maar vriende soos ons almal goed weet, die lewe werk ongelukkig nie so nie. Jy moet jou weg tussen punte en kommas en koppeltekens vind om ordentlik vir mense te beskryf hoe jy voel. Anders kap die goed weer hul gat aan en jy is die pou sonder vere

Hoe voel jy?

Oktober het so vinning sy plek in 2015 kom neem, byna sonder enige waarskuwing. Ek kla nie ou maat, daar’s niks wat my meer lewe gee as ‘n arme ou kalendertjie nie. Ek het ‘n cheap kalender by ‘n stationary shop, way back in January as ‘n geskenk gekry. En elke 30ste of 31ste van ‘n maand, gryp ek die naaste pen of potlood en skraap die lewe uit die dae van ‘n maand. Die arme pienk en blou blommetjies wat tussen die maande pronk moet ook onder my skielike opgewondenheid ly. Come to think of it; dit mag die rede wees hoekom my kalender byna elke tweede middernag skeef teen die muur hang of met sy gesig teen die grond lê.  Die vrolike kalendertjie met sy (HB pencil ) diagonale lyne het seker al sy gat vanaf Maart maand vir my aangekap. Hieroor het ek natuurlik gemengde gevoelens; omdat ek van my almanac hou. Dit represent the past, the present en Krimis en Nuwe d’jaar.  Anyway, dis amper alweer November en dan voila: Desember. Dit dryf my teen die mure en sluit aan by die tema van die blog. Die jaar staan aan die einde se kant toe en ek het nog nie die lotto krap-kaartjie gewen nie,  ek kan nog nie wettig agter ‘n kar se stuurwiel sit nie en my Justin Bieber hairystyle is nog altyd ‘n Huisgenoot middelbladsy-fantasie.

Ja, ja ek weet dis nog nie tyd om oor die jaar se manewales te reflekteer nie want ons los dit mos maar vir ‘n paar dae voor die 1ste Januarie sodat ons rede het om ‘n bietjie happier te wees as normaal en wanneer al die oppervlakkige Facebook posts meer as twingtig likes kry (per minute nogals). Hoe like djy daai shade? Nog ‘n vraag is hoekom hou mense  daarvan om teen daai tyd van die jaar so  af te show; dit gaan my verstand te bowe, veral as dit kom by die tyd dat die Kaapse Klopse met hul Malay-inspired songs begin tekere gaan dan is almal mos moeg en pootuit en die maand is nog lank vir sommige mense. Daarmee gesê, ek glo dat mense rede het om bietjie stoom af te blaas en terselfdetyd plek te maak vir nuwe stoom.

So tussen al die stoom en leestekens maak ons gereed om nog ‘n akademiese jaar af sluit en kan mens nie anders om dankbaar te wees vir God se genade en liefde gedurende die jaar nie. Dit neem my weer terug na my gunsteling koortjie: “Môre sal die son weer skyn, miswolke sal dan verdwyn, glimlag deur die stormwind jy is mos ‘n Koningskind”



Oh, Darling. GIVE ME A DRINK BEFORE I DIE!!!

1 September 2015

Lente is hier. Jippie. So besluit ek ook sommer vandag om ‘n nuwe blog te skryf oor die seisoen van blomme en lekker geure, kleure en skonskyn-were (my meervoud vir weer soos in weather). Die weather lyk nie goed vir Stellenbosch nie, ek bedoel ons is gewoond aan die konstante reen en mismoedige wolke wat skielik op jou neer storm. Hier is ‘n anderste weather wat hier rond heers, ‘n weather waar studente met sweep en vuis mekaar takel. ‘n Weather wat geen voorspeller vir ons kan sê wanner hierdie gedrag gaan ophou nie. Ek weet nie eens hoekom ek hieroor skryf nie, I guess I have a few thoughts about it, I mean there is this big thing here about WE CAN’T BREATH, and AWAY WITH AFRIKAANS and all that I can think of is my vacation that starts on Friday. Ek weet werklik nie hoe om sin te maak van hierdie opstande nie; hierdie gewelddadige pogings van studente om hul sin te kry nie. Ek weet nie hoe om daaroor te voel nie, daar is soveel dinge wat in persoonlike lewe gebeur waarvoor ek byna elke dag ‘n optog kan loods of mense kan aanval – maar dit werk ongelukkig nie so nie. I have learned to shut up and work for what I want. If I want to be the person that I want to be I can’t go and attack people.

*

A few days ago I read one of the most disturbing articles, I read in a long time. To crown the whole story, it happened just under my nose. After I read the article I couldn’t help but share it with my friends on Facebook, and some of them even shared it with their friends. How they received this horrible incident made me feel ‘okay’. It really took me, and I would encourage you to please read the article as it a manifestation of the reality of many students at my Campus. We name-shame each other and dare to go back to a period where we oppressed each other for the sake of patriotism. I cannot understand why this cruelty has to repeat itself 21 years after “The Struggle” after so many people had to sacrifice their God-given right to live, be alive and share in the human spirit. I apologize if my blog is very vague, and I know someone who is not aware of the current issues in Stellenbosch might be lost, but rest assured, I have you covered:

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/LIVE-Stellenbosch-to-brief-Parliament-committee-on-language-plans-20150901

http://mg.co.za/article/2015-08-27-not-open-says-open-Stellenbosch

*

Nou ja toe, ek het nog byna niks van lente gesê nie my mense. I got carried away with this stupid business. But oh well, a bit of drama here and there ain’t bad  at all. Ek dink nou aan ‘n koortjie wat ek en my Ma altyd gesing het: “More sal die son weer skyn, miswolke sal dan verdwyn. Glimlag deur die stormwind, jy is mos ‘n Koningskind”. Is dit nie beautiful nie? Dit is mos wat Lente werklik is neh? Dit wat na die herfs en winter kom. Ag weet jy, hoe soapy en lame dit nou mag klink – more sal beter wees as gister.

A very blessed Spring, Summer, Fall and Winter.

‘n Ander Aspoestertjie vir ‘n ander dag

cinderella-glass-slipper-2015-movieMiskien is die lewe  tog maar die sprokie wat ons in ‘n realiteit wil verander. Ons soek tog na daardie “happy ending” met die moerse klomp glitter en konfettie of miskien net daardie oomblik van pure happiness. Die afgelope paar jaar het my “born and bred in Bredasdorp” entoesiasme aansienlik afgeneem oor die skielike status wat Bredasdorp in die media en via die ‘leunstoel-speurders’ gekry het. Die kwaad wat aan die slagoffers gedoen was sal vir ‘n lang tyd diep in ons harte resoneer en bietjie vir bietjie, stukkie vir stukkie ons trots en verantwoordelikhede vervlak want “ons almal is mos nie so nie!!!”. Ek is daarvan oortuig dat op ‘n persoonlike vlak, ons byna elke dag ‘n bietjie aanhou-en-uithou verloor as ons so links en regs vir ‘n pop gevat word. Dan wens ons skielik dat ons ‘pop’ sommer superpowers kan kry en ons die situasies oornag kan verander – wat my bring tot by Aspoestertjie of soos my Engelse maters haar noem: Cindi(rella). Nou einste Cindi het mos maar ‘n vreeslike tyd gehad onder haar wrede Stiefma en die se drie dogters wat ‘n titseltjie erger as die Stiefma was. Dit moes hel vir arme Aspoestertjie wees om vir so lank saam met vier mense te wees wat g’n respek en omgee vir haar gehad het nie. Dit kon haar nie eens keer om te glo in ‘n beter toekoms vir haarself nie. Ons almal weet toe wat verder gebeur het … blah blah BOOM sy ontmoet toe die Prins en daar “Happily Ever After” hulle toe en alles weens ‘n glass slipper. Ek, soos vele ander Overbergers het gehoop daar kon ‘n fairy godmother vir Kayde Williams (2015) en Anene Booysen (2013) op hul voorkop soen en na ‘n sprokie-agtige drop vervoer – weg van die seer en pyn. Eerder as ‘n klein kruisie wat hul finale berusting aan nuuskierige en simpatieke oogies identifiseer. Soms voel  ek dat Aspoestertjie werklik lucky was om verandering en liefde in haar lewe te verwelkom – waar ons hier in die real world dit doelbewus van mekaar af steel. But I guess all is not lost after all, Bruce Jenner was vir die groot deel van sy lewe ‘n ruspe voordat hy as Caitlyn Jenner kon Madam Butterfly. Nelson Mandela was gestroop van alles en almal en tot hierdie dag het ons darem nog ‘n Uur en sewe minute om mekaar te herinner aan ons menslikheid. Fantasy is fantasy and life is life but if you mix the two you receive both for the price of one. I wish you all of the best. Ek los jou met ietsie om aan te prikkel …

“My mission in life is not merely to survive, but to thrive; and to do so with some passion, some compassion, some humor, and some style”

Maya Angelou